Kenner sê oor nuwe vlaag olifant-vrektes in Botswana

Botswana ondersoek ‘n nuwe vlaag olifantvrektes in die noorde van die land, twee jaar nadat die owerhede gesê het dat natuurlik geproduseerde gifstowwe meer as 300 olifante doodgemaak het. Die dooie olifante is die eerste keer gevind deur die bewaringsgroep Elephants Without Borders, wat teen einde Oktober 57 karkasse getel het, meestal in ‘n gebied aangrensend aan die Chobe Nasionale Park. Die jongste karkasse is gevind met hul tande ongeskonde, wat waarskynlik stropery uitsluit. Dr. Betsy Fox van Elephant-Human Relations Aid, ‘n organisasie wat konflik tussen olifante en mense bemiddel, sê aan Kosmos 94.1 Nuus wat tot die olifantvrektes kon gelei het en of Namibië dalk dieselfde kan ervaar.