Beleid, korrupsie dra by tot SA se werkloosheidskrisis

ActionSA sê hy is diep bekommerd oor die land se werkloosheidskrisis wat al erger word. Volgens Statistiek Suid-Afrika het die land se werkloosheidskoers in die eerste kwartaal van die jaar tot 32,9-persent gestyg. Pieter Scribante van ActionSA sê die ANC se rampspoedige beleidsrigtings, voortdurende beurtkrag en korrupsie het die ekonomie gewurg en verhoed dat dit groei en werk skep.