Nóg skandes oor FTX kripto-beurs

Nog skandes kom aan die lig in verband met die FTX kripto-beurs. Volgens wat berig word het FTX ‘n mediamaatskappy, Block, vir meer as ‘n jaar in die geheim gefinansier. Reguleerders regoor die wêreld, insluitend in die Bahamas waar FTX gesetel is en in die Verenigde State, ondersoek die rol van FTX se topbestuurders in die firma se verstommende ineenstorting. Kenners meen ‘n gebrek aan regulering het die chaos veroorsaak. Die beurs het verlede maand om bankrotskap aansoek gedoen ná ‘n likiditeitskrisis wat daartoe gelei het dat ten minste 1 miljard Amerikaanse dollar se kliëntefondse verdwyn het. Die voormalige hoof van die beurs, Sam Bankman-Fried, het onlangs gesê hy het sy bes gedoen en was nie kwaadwillig nie.