Toenemende kommer oor Rusland-Iran samewerking

Die VSA sê Rusland en Iran se verhouding het versterk tot ‘n volwaardige verdedigings-vennootskap. Die Nasionale Veiligheidsraad-woordvoerder, John Kirby, sê Rusland kry ‘n ongekende vlak van militêre steun. Hy sê die VSA het berigte gesien dat die twee lande gesamentlik die produksie van dodelike hommeltuie oorweeg. Australië het aangekondig dat hy teen drie Irannese burgers en ‘n Iranse onderneming gaan optree omdat hulle Rusland van hommeltuie voorsien om teen Oekraïne te gebruik.