Vroue en kinders in Namibië is kwesbaar oor feestyd

Met die Kersvakansie op hande, het Namibiërs verskillende aktiwiteite beplan oor hoe en waar om hul feestyd deur te bring. Met al hierdie vieringe, wonder ‘n mens of hierdie vakansiedae ‘n nadeel vir weerlose lede van die samelewing inhou. Esme Mudge, redakteur van Sister Namibia verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus die tipe risiko’s wat vroue, kinders en weerlose mense in die gesig staar tydens die feestyd.