Van die klagtes in Trump se Georgia-saak verwyder

Die regter in die verkiesingsinmengingsaak teen Donald Trump in Georgia, het sommige van die aanklagte teen die voormalige president en sy medebeskuldigdes van die hand gewys. Regter Scott McAfee het bevind ses aanklagte in die klagstaat wat 41 aanklagte insluit bevat nie genoeg inligting nie. Dit sluit in, aanklagte teen sommige van die beskuldigdes wat […]

Read More

Indian Wells: Navarro skakel Sabalenka uit

Die vierde-gekeurde Daniil Medvedev is vir die tweede agtereenvolgende jaar deur na die Indian Wells-kwarteindronde. Die Rus het Grigor Dimitrov van Bulgarye met 6-4, 6-4 verslaan. Casper Ruud van Noorweë het die Fransman Gael Monfils se lopie in ‘n marathon-stryd van twee uur-27 minute beëindig. Die telling was 3-6, 7-6, 6-4. In die afdeling vir […]

Read More

Covid vandag 4 jaar terug in Namibië bevestig

Dit is vandag vier jaar sedert die eerste Covid-19 gevalle in Namibië bevestig is. Die gesonheidsminister Kalumbi Shangula het ‘n dringende perskonferensie om nege-uur daardie Saterdagoggend gehou. Kosmos 94.1 Nuus het die gevalle voor dit bevestig na inligting bekom is oor ‘n gastehuis wat versper was in Jan Jonker-weg in die hoofstad. Die pandemie het […]

Read More

BoN sê oor CBI Exchange

Daar is meer inligting oor die arrestasie en hof verskyning van Coenie Botha, die stigter van die kripto-beleggingsmaatskappy CBI Exhange Namibia. Botha het reeds saam met Charlotte Murove in die Windhoekse-landdroshof verskyn op ‘n aanklag van bedrog. Dit volg op die Bank van Namibië wat bevind het Botha en die maatskappy het bankbesigheid gedoen sonder […]

Read More

Staatsrede: Geen verrassings verwag nie

President Nangolo Mbumba is geskeduleer om vandag die nasie toe te spreek tydens sy staatsrede in die Nasionale Vergadering. Tradisioneel is die staatsrede die platform waar die president die regering se ekonomiese en politieke planne vir die jaar sal uiteensit. Dit is ook waar parlementslede, veral die opposisie, tyd het om vrae aan die president […]

Read More

SME Bank: Kamushinda misluk op reuse-skaal

Die SME Bank se plundery bly in die howe en in die nuus. Die hooggeregshof het ‘n appèl van die berugte Enok Kamushinda en twee ander dat die likwidasie van die bank hulle grondwetlike regte skend aangehoor en van die hand gewys. Maar dit het nie uitgewerk soos dit moes nie. Die drie regters, Sylvester […]

Read More

Pad oop om TikTok in VSA te verban

Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het die Wet op die Beskerming van Amerikaners teen Buitelandse Opposisie-beheerde Toepassings goedgekeur. Dié wetsontwerp kan die weg baan vir ‘n verbod op die TikTok-toepassing in die land. Die sosiale-mediareus se Chinese moedermaatskappy, ByteDance, het ses maande om sy beherende aandeel te verkoop, anders sal die toepassing in die VSA […]

Read More

Veteraan vakbondleier het kommer oor hoeveelheid jeug, en werksgeleenthede

Teen die jaar 2050 sal die bevolking van Namibië meer as 6 miljoen wees, as die huidige bevolkingsgroei net so voortgaan. Dit is volgens die syfers wat deur Alex Shimuafeni, die statistikus-generaal van die Namibiese Statistieke-agentskap, bekend gemaak is. Sewentig persent van die bevolking is ook tans jeug. Kosmos 94.1 Nuus het met veteraan vakbondleier […]

Read More

Gordhan kanselleer SAL-verkoopstransaksie

Suid-Afrika se openbare ondernemings-minister, Pravin Gordhan, het aangekondig die voorgestelde transaksie om ‘n 51-persent-aandeel in die Suid-Afrikaanse Lugdiens aan die Takatso-konsortium te verkoop gaan nie meer voort nie. Die transaksie, waaroor die eerste keer in Junie 2021 ooreengekom is, het probleme ondervind, soos die behoefte om die SAL se bates te herwaardeer weens die lang […]

Read More

Oekraïne teiken Russiese raffinaderye, olieprys geraak

Oekraïne het Russiese olieraffinaderye Woensdag in ‘n tweede dag van swaar hommeltuigaanvalle getref, wat ‘n brand by Rosneft se grootste raffinadery veroorsaak het. Dit was een van die ernstigste aanvalle teen Rusland se energiesektor die afgelope maande. Oliepryse het met 2 persent gestyg, deels weens kommer oor die aanbod-ontwrigting ná die aanvalle. ’n Dag nadat […]

Read More