Waterprys onveranderd sedert 2019

Volgens die produsenteprysindeks vir die vierde kwartaal van 2023, is die indeks vir watervoorsiening, versuiwering en rioolbestuur amper vyf jaar onveranderd en staan tans op nul. Dit dui aan dat daar nie opbrengs op beleggings in water-infrastruktuur is wat pryse vir grootmaatvoorsiening kan beïnvloed nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Isidor Kanyangela, die senior […]

Read More

Freeth staan eintlik vir duisende wat alles verloor het

Die oud-president van die Zimbabwiese Kommersiële Boere-unie Deon Theron gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die verliese wat boere moes verduur tydens Robert Mugabe se gewelddadige en mislukte grondhervormingsplan van 2000. Hy lewer kommentaar na aanleiding van Zim-boer Ben Freeth se Ride for Justice tot by die ou SADC-tribunaal in die Windhoek.

Read More

Hage se Rolex blykbaar gesteel

Daar word berig dat president Hage Geingob se Rolex-horlosie en naskeer-middel gesteel is deur ‘n sekruiteitsbeampte. Volgens die Engelse dagblad The Namibian, het die voorval twee weke gelede plaasgevind en die horlosie is verkoop aan die seun van ‘n minister. Daar is blykbaar besluit om eers die aangeleentheid na die begrafnis aan te spreek. Die […]

Read More

Brandstofprys onveranderd, ten spyte van onderverhalings

Die energie-ministerie het aangekondig die pryse van beide petrol en diesel bly onveranderd in Maart. Die petrolprys by Walvisbaai bly dus 20 Namibiese dollar 78 sent per liter, en onderskeidelik 21 dollar vyf sent per liter vir diesel 50 dpm en 21 dollar 25 sent vir diesel 10 dpm. Die nasionale energiefonds-heffing sal met 50 […]

Read More

Unam befonds navorsing

Die Universiteit van Namibië en sy filantropiese vennoot, die Universiteit van Namibië-stigting, het ‘n memorandum van ooreenkoms onderteken vir ‘n nuwe era van opvoedkundige ontwikkeling. Die samewerkingspoging word gerugsteun deur befondsing van bykans 15 miljoen Namibiese dollar. Dit sal opvoedkundige inisiatiewe en fasiliteite oor die volgende 3 jaar bevorder. Die befondsing sal die stigting bemagtig […]

Read More

Veldtog om waninligting te bekamp voor SA-verkiesings

‘n Africa Check-navorser, Keegan Leech, het bevestig ‘n feite-nagaan-koalisie, ondersteun deur die Google News Initiative, bou momentum op om waninligting te bekamp voor die algemene verkiesing in Suid-Afrika. Leech sê met ‘n toename in politieke partye wat na verwagting sal meeding, poog die koalisie om kiesers te help om ingeligte besluite te neem te midde […]

Read More

Trump mag nie van stembrief in enige deelstaat verwyder word nie – hof

Die Amerikaanse hooggeregshof het Donald Trump ‘n groot oorwinning oorhandig, deur state te verbied om kandidate vir ‘n federale amp te diskwalifiseer ingevolge ‘n grondwetlike bepaling wat opstand behels. Dit het Colorado se uitsluiting van Trump van die stembrief in die staat omgekeer. Die uitspraak is uitgereik op die vooraand van sogenaamde Super Tuesday, die […]

Read More

Kenners sien reikhalsend uit na sensus-data

Daar is groot opgewondenheid onder kenners vir die data van die jongste sensus wat op 13 Maart bekend sal wees. Die Namibiese Statistieke-agentskap het die aankondiging gemaak. Die inligting is uiters belangrik om beplanning en ontwikkeling te formuleer, veral met die laaste syfers wat uit 2011 dateer. Jason Kasuto van Monasa Advisory & Associates, het […]

Read More

Groot riviere bly bestendig, maar Oranje baie laag

Die Zambezirivier by Katima Mulilo is besig om te daal en het vanoggend ‘n watervlak van 1,67m aangeteken. Die Okavangorivier by Rundu daal steeds van 5,64m gister tot 5,63m vanoggend. Die Benede Oranjerivier by Blouputs het ‘n watervlak van 0,34m aangeteken en Sendelingsdrift daal steeds en was op 0,51m. Die Kunenerivier by Ruacana het vanoggend […]

Read More

Geveg tussen SA uitgewers, Google vererger

Die verhouding tussen Suid-Afrika se groot uitgewers en Google het versuur, wat moontlik tot konflik kan lei te midde van die Mededingingskommissie se Media- en Digitale Platform-markondersoek. Google se omstrede onderhandelingsstandpunt het ‘n terugslag veroorsaak, met uitgewers wat die bekendmaking versoek het van sy plaaslike bedrywighede en inkomste uit die samestelling van nuusinhoud. Google se […]

Read More