SME Bank: Kamushinda misluk op reuse-skaal

Die SME Bank se plundery bly in die howe en in die nuus. Die hooggeregshof het ‘n appèl van die berugte Enok Kamushinda en twee ander dat die likwidasie van die bank hulle grondwetlike regte skend aangehoor en van die hand gewys. Maar dit het nie uitgewerk soos dit moes nie. Die drie regters, Sylvester Mainga, Dave Smuts en Theo Frank, het opdrag gegee dat die saak aan die aanklaer-generaal gestuur word vir moontlike vervolging. Die regters sê daar is prima facie-bewyse van misdaad. Rondom 247 miljoen Namibiese dollar is verduister. Kamushinda, ‘n Zimbabwiër se rekord oor die algemeen is nie skoon nie en hy word in sy geboorteland, Kamushady genoem. Hy het Namibië in 2017verlaat kort na die sentrale bank by die SME Bank, wat hy gehelp stig het, ingegryp het.