Van die klagtes in Trump se Georgia-saak verwyder

Die regter in die verkiesingsinmengingsaak teen Donald Trump in Georgia, het sommige van die aanklagte teen die voormalige president en sy medebeskuldigdes van die hand gewys. Regter Scott McAfee het bevind ses aanklagte in die klagstaat wat 41 aanklagte insluit bevat nie genoeg inligting nie. Dit sluit in, aanklagte teen sommige van die beskuldigdes wat na bewering amptenare in Georgia versoek het om hul amps-eed te skend. Die beslissing het betrekking op drie van die 13 aanklagte teen Trump, wat beteken dat hy nou teregstaan op 88 aanklagte uit die vier strafregtelike klagstate in Georgia, New York, Washington en Florida.