Covid vandag 4 jaar terug in Namibië bevestig

Dit is vandag vier jaar sedert die eerste Covid-19 gevalle in Namibië bevestig is. Die gesonheidsminister Kalumbi Shangula het ‘n dringende perskonferensie om nege-uur daardie Saterdagoggend gehou.

Kosmos 94.1 Nuus het die gevalle voor dit bevestig na inligting bekom is oor ‘n gastehuis wat versper was in Jan Jonker-weg in die hoofstad. Die pandemie het reuse ekonomiese impakte op die land gehad met toerisme op sy knieë gedwing en talle wat hulle werk verloor het. Uiteindelik het die land 172 280 gevalle gehad met 4 103 mense wat gesterf het.