Veteraan vakbondleier het kommer oor hoeveelheid jeug, en werksgeleenthede

Teen die jaar 2050 sal die bevolking van Namibië meer as 6 miljoen wees, as die huidige bevolkingsgroei net so voortgaan. Dit is volgens die syfers wat deur Alex Shimuafeni, die statistikus-generaal van die Namibiese Statistieke-agentskap, bekend gemaak is. Sewentig persent van die bevolking is ook tans jeug. Kosmos 94.1 Nuus het met veteraan vakbondleier Job Muniaro gepraat, wat sê dat die 70 persent jeug kommer wek.