Staatsrede: Geen verrassings verwag nie

President Nangolo Mbumba is geskeduleer om vandag die nasie toe te spreek tydens sy staatsrede in die Nasionale Vergadering. Tradisioneel is die staatsrede die platform waar die president die regering se ekonomiese en politieke planne vir die jaar sal uiteensit. Dit is ook waar parlementslede, veral die opposisie, tyd het om vrae aan die president te rig. Die politieke ontleder Rui Tyitende het met Kosmos 94.1 Nuus gesels oor sy verwagtinge vir die staatsrede. Tyitende sê die president sal fokus op dinge wat die regering gedoen het en gaan doen, maar dit is nie die werklike stand van die nasie nie.