Indian Wells: Navarro skakel Sabalenka uit

Die vierde-gekeurde Daniil Medvedev is vir die tweede agtereenvolgende jaar deur na die Indian Wells-kwarteindronde. Die Rus het Grigor Dimitrov van Bulgarye met 6-4, 6-4 verslaan. Casper Ruud van Noorweë het die Fransman Gael Monfils se lopie in ‘n marathon-stryd van twee uur-27 minute beëindig. Die telling was 3-6, 7-6, 6-4. In die afdeling vir vroue het Emma Navarro van die VSA, die grootste oorwinning van haar loopbaan behaal, toe sy die wêreld-nommer twee, Aryna Sabalenka van Belarus, met 6-3, 3-6, 6-2 verslaan het om die kwarteindronde te haal. Navarro sê om die heersende Australiese Ope-kampioen te klop, voel surrealisties: