Pad oop om TikTok in VSA te verban

Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het die Wet op die Beskerming van Amerikaners teen Buitelandse Opposisie-beheerde Toepassings goedgekeur. Dié wetsontwerp kan die weg baan vir ‘n verbod op die TikTok-toepassing in die land. Die sosiale-mediareus se Chinese moedermaatskappy, ByteDance, het ses maande om sy beherende aandeel te verkoop, anders sal die toepassing in die VSA verbied en geblokkeer word. TikTok het ongeveer 170-miljoen gebruikers in Amerika. Die Wisconsin Republikein, en mede-outeur van die tweeparty-wetsontwerp, Mike Gallagher, sê dié sosiale media-toepassing hou ‘n risiko in vir nasionale veiligheid: