BoN sê oor CBI Exchange

Daar is meer inligting oor die arrestasie en hof verskyning van Coenie Botha, die stigter van die kripto-beleggingsmaatskappy CBI Exhange Namibia. Botha het reeds saam met Charlotte Murove in die Windhoekse-landdroshof verskyn op ‘n aanklag van bedrog. Dit volg op die Bank van Namibië wat bevind het Botha en die maatskappy het bankbesigheid gedoen sonder ‘n lisensie. Daar word beweer hulle het beleggers met ‘n bedrag van 160 miljoen Namibiese dollar bedrieg. Volgens berigte is hul prokureur, Afrika Jantjies, ook by die hof in hegtenis geneem, weens beweerde aandadigheid. Die woordvoerder van die Bank van Namibië, Kazembire Zemburuka, verduidelik hoekom die saak aan die polisie oorgegee is.