Ogongo-kampus se bospark-projek vorder goed

Unam se Ogongo-kampus se inheemse bospark-projek, wat in 2021 deur die Walliese regering teen ‘n koste van 5,2 miljoen Namibiese dollar befonds is, vorder goed. Die projek sluit ‘n boomplantprogram in, met ‘n fokus op die gebruike van inheemse vrugtebome binne die ekosisteem. Die loodsprojek is daarop gemik om ongeveer 500 inheemse bome in ‘n […]

Read More

Joslin Smith-saak: Aanklagte teen ‘sangoma’ teruggetrek

Drie beskuldigdes in die Joslin Smith-verdwyningsaak het hul aansoek om borgtog laat vaar in die Landdroshof in Vredenburg. Aanklagte is teruggetrek teen die vierde beskuldigde, die vermeende sangoma Phumza Sigaqa, nadat geen bewyse van haar beweerde betrokkenheid gevind kon word nie. Joslin se ma, Racquel “Kelly” Smith, haar kêrel, Jacquin “Boeta” Appollis, en Steveno van […]

Read More

Misdade by kerke noop assesserings-dokument

AfriForum se afdeling vir Gemeenskapsveiligheid het ’n assesserings-dokument vrygestel wat kerke as riglyn kan gebruik om hul veiligheidsmaatreëls te verbeter. Dit kom te midde van ‘n toename in misdaad-voorvalle by kerke, veral in Gauteng, waar telefone en geld van gemeentelede geroof is, met sommige voorvalle wat selfs in aanranding, ontvoering en moord geëindig het. Jacques […]

Read More

Kremlin dank Swart See-vloot se bevelvoerder af

Die Kremlin het sy top vlootbevelvoerder afgedank ná ‘n reeks skouspelagtige aanvalle deur Oekraïne op Rusland se Swart See-vloot, berig Russiese media. Wladimir Putin het admiraal Nikolai Yevmenov, wat sedert 2019 in bevel van die vloot is, afgedank en hom vervang met die bevelvoerder van sy noordelike vloot, admiraal Alexander Moiseyev, berig die koerant Izvestia, […]

Read More

Regering ‘moet kyk na nuwe nasionale lugredery’

Die Namibiese Lughawensmaatskappy sê die regering moet ondersoek instel na die stigting van ‘n nuwe nasionale lugredery wat deur ‘n konsortium van private beleggers gerugsteun word. Bisey Uirab, hoof uitvoerende beampte van die maatskappy, sê ‘n konsortium sal ‘n gediversifiseerde eienaarskapstruktuur hê, wat Namibië in staat sal stel om sy logistieke doelwitte te bereik. Hy […]

Read More

Tropiese storm Filipo tref nou KZN

Gemeenskappe in Kwa Zulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga is gewaarsku om ekstra waaksaam te wees te midde van die aanlanding van die tropiese storm Filipo. Die tropiese storm het reeds skade aan geboue in die suidelike dele van Mosambiek aangerig. Die samewerkende regering departement se woordvoerder, Legadima Leso, sê minister Thembi Nkadimeng het die Nasionale Rampbestuursentrum […]

Read More

Europese Kommissie wil Gaza-burgerlikes beskerm

Die Europese Kommissie het sy EU Burgerlike Beskermingsmeganisme geaktiveer om sy ondersteuning aan die mense van Gaza te versterk. Die oorlog in Gaza het in Oktober verlede jaar begin toe gewapende Hamas-lede die suide van Israel aangeval en 1 200 mense doodgemaak en 253 gyselaar geneem het. Meer as 31 000 mense is intussen in […]

Read More

Jimmy Anderson, 41, sien nog kans vir baie

Krieket: Die veteraan Engelse bouler Jimmy Anderson sê hy is fikser as ooit, en sien uit na die toetsreeks van drie wedstryde teen die Windies in Julie. Maar, die 41-jarige besef hy sal steeds ‘n plek in die groep moet verdien. Anderson het sedert sy debuut in 2002, 1 353 lopies aangeteken en 400 paaltjies […]

Read More

Vakbonde ens., vee hulle af aan arbeidskommissaris

Net 12 uit die 44 geregistreerde vakbonde en drie uit 17 werkgewersorganisasies het hul jaarlikse opgawes by die arbeidskommissaris ingedien. Die arbeidskommissaris het in September 2023 ‘n kennisgewing uitgereik wat ‘n grasietydperk tot 30 November verskaf het. Dit het geen verskil gemaak nie en verskeie van die vakbonde staar deregistrasie in die gesig. Kosmos 94.1 […]

Read More

Wateronderbrekings en die ekonomie

Business Leadership South Africa doen ʼn beroep op die regering om te beplan hoe om nuwe bedreigings vir die ekonomie, insluitend watervoorsiening, te hanteer. Inwoners in dele van Gauteng en KwaZulu-Natal ervaar toenemend gereelde en langdurige wateronderbrekings. Die Bloudruppelverslag wat in Desember vrygestel is, toon 227 van die land se 985 watervoorsieningstelsels is in ʼn […]

Read More