Pro-Palestynse betogers in Washington gearresteer

Die polisie in Washington het vandag ‘n tentdorp met pro-Palestynse betogers by die George Washington-universiteit afgebreek. Honderde beamptes het net na vier-uur vanoggend die universiteitskampus bestorm, en mense in hegtenis geneem en pepersproei gebruik. CNN sê bykans 36 mense is aangekeer. Die arrestasies het gebeur terwyl daar verwag word dat Washington DC se burgemeester en polisiehoof later vandag voor die Kongres sal getuig oor hoekom dit so lank geneem het om die kamp te verwyder. Kampusbetogings regoor die land het die afgelope paar weke opgevlam, met studente wat beswaar maak teen die oorlog in Gaza.