Namibiese rolprent by Rotterdam Internasionale Filmfees 2023 vertoon

Die Namibiese Film-kommissie het aangekondig dat die Namibiese rolprent Under the Hanging Tree gekies is om by die wêreldpremière by die Rotterdam Internasionale Filmfees vertoon te word. Under the Hanging Tree is ‘n opdragrolprent van die Namibiese Film-kommissie. Die Rotterdam Internasionale Filmfees vind vanaf 25 Januarie tot 5 Februarie 2023 in dié Nederlandse stad plaas.