Windhoek het ernstige tekort aan water

Windhoek staar ‘n ernstige waterprobleem in die gesig. Volgens Stad Windhoek se hoofingenieur vir grootmaat- en afvalwater, Sebastian Husselmann, is daar ernstige waterskaarste by die Von Bachdam, wat net 11,3 persent vol is. Daar is ook net 18 persent waterbronne oor in die sentrale damme wat onder meer Windhoek voorsien. Husselman het gepraat by ‘n geleentheid by die dam wat deur NamWater, die Stad Windhoek en die landbouministerie aangebied is.