Vise-president bring hulde aan Namibiese werkers

Die Namibiese adjunk-president, Nangolo Mbumba, het in sy Kersboodskap spesiale dank uitgespreek aan onder meer onderwysers, gesondheidswerkers, mense in uniform, kerkleiers, boere en die sake-gemeenskap wat die land ondersteun het. Hy sê Namibiërs het sterk gestaan ondanks die ekonomiese uitdagings wat 2022 gebied het. Nangolo sê hulde moet gebring word aan alle Namibiese werkers.