Taliban kalwe nog vroueregte in Afghanistan weg

Vroue in diens van plaaslike of internasionale nie-regeringsorgasnisasies in Afghanistan mag nie meer werk toe gaan nie. Die Taliban-regering het die jongste aankondiging gemaak van vroue se vryhede in die land verder onderdruk. Die woordvoerder van die ministerie van ekonomie, Abdulrahman Habib, sê sommige van die vroulike werknemers hou nie by die Islamitiese kleredragreëls vir vroue nie. Dit volg enkele dae nadat die Taliban universiteite beveel het om vroue uit te sluit. Dié stap het sterk wêreldwye veroordeling uitgelok en protes in Afghanistan ontlok.