Ietermagô-stigting verskaf werk in nedersettings

Die Ietermagô Bewaring- en Navorsing-stigting ondersteun gemeenskapsgebaseerde bewaring deur die indiensneming van ietermagô-veldwagters in nedersettings. Die stigting het vanjaar 11 veldwagters in ses verskillende nedersettings ondersteun. Hierdie werksgeleenthede verskaf volhoubare lewensbestaan in ‘n gebied waar daar ‘n reuse-tekort aan werksgeleenthede is en gesinne word ondersteun deur kospakkies en klere. Een suksesverhaal is gemeenskappe wat onlangs gekeer het dat tradisionele jagters ‘n ietermagô jag om te eet. Die veldwagterspan het die ietermagô met ‘n satelliet-sender vir monitering toegerus en die gemeenskap ingelig oor die belangrikheid van dié diere. Volgens ietermagô-navorser, Kelsey Prediger, is die gemeenskap baie opgewonde om deel te word van die projek om die ietermagô te beskerm.