ANC probeer toename in onwettige immigrasie stuit

Die ANC het sy voorgestelde migrasie-beleidsraamwerk ter tafel gelê wat dit vir buitelanders moeilik sal maak om landsburgers te word. Dit sluit die verskerping in van die Immigrasiewet om die toename in onwettige immigrante te probeer stuit. Die ANC het egter erken nie alle ongedokumenteerde migrante in die land het ‘n ander heenkome nie.