Medalje in Parys sal dieselfde beteken as Grand Slam-titel: Gauff

Tennis: Die Amerikaner Coco Gauff sê om ‘n medalje by die Olimpiese Spele te wen sal dieselfde wees as om ‘n Grand Slam-titel te beklink. Die 20-jarige Gauff sal haar Olimpiese debuut in Parys maak, nadat ‘n positiewe Covid-19-toets haar verhinder het om aan die Tokio-spele deel te neem. Gauff sal ook later vandeesmaand aan die Franse Ope deelneem, waar sy na haar tweede Grand Slam-titel sal mik, nadat sy verlede jaar die Amerikaanse Ope gewen het. Die tennis tydens die Spele sal van 27 Julie af ook op Roland Garros plaasvind.