Eerste onbemande vliegtuig in Afrika in Gauteng vervaardig

’n Gautengse maatskappy, Milkor, vervaardig Afrika se eerste onbemande vliegtuig. Meer as 250 plaaslike ingenieurs maak deel uit van die span wat aan die prototipes werk. Hommeltuie word in verskeie industrieë gebruik, insluitend verdediging. Die bemarkingsdirekteur van Milkor, Daniel du Plessis, sê Suid-Afrika is een van baie lande wat innoverend genoeg was om onbemande vliegtuie te vervaardig vir pogings om vrede te behou, sowel as humanitêre hulp.