Vulstasie-werkers by Total Riverside in Eros ontevrede

Meer as 30 werknemers by die Total Riverside-vulstasie in die Eros-woonbuurt in Windhoek het vanoggend vir ‘n wyle gestaak. Die werknemers is ontevrede en sê die eienaar betaal nie hul salarisse betyds nie. Die groep het eers glo vanoggend hul Desember-salarisse ontvang, nadat die NEFF-aktivis Michael Amushelelo ingegryp het deur die werkers se kommer op […]

Read More

Amupanda vra waarom geld laat aan skole vrygestel word

In ‘n onlangse twiet van aktivis dr. Job Amupanda vra hy  hoekom kan onderwysminister Anna Nghipondoka en minister van finansies Ipumbu Shiimi nie geld op 5 Januarie aan skole vrystel nie? Hy vra of die hele land, nagenoeg 3 miljoen Namibiërs, dit as normaal aanvaar dat dit goed is dat die minister van finansies en […]

Read More

Boere in VSA mag nou self John Deere-trekkers regmaak

Die trekkervervaardiger John Deere wat aan baie Namibiese boere bekend is, het toegegee aan Amerikaanse boere se versoek om self herstelwerk aan hul implemente te mag doen. Een van die wêreld se grootste vervaardigers van landbou-masjinerie het boere voorheen nie toegelaat om goedkoper onafhanklike onderdele te gebruik nie. Deere and Company en die Amerikaanse landbou-organisasie […]

Read More

Krieket: Protea-kaptein is tevrede

Krieket: Die Proteas se toetskaptein, Dean Elgar, is tevrede met die manier waarop sy span die toer na Australië afgesluit het. Suid-Afrika het Sondag ‘n onbesliste uitslag afgedwing in die derde en laaste toets in Sydney. Die Proteas moes opvolg ná ’n eerstebeurt-agterstand van 220 lopies. Sarel Erwee, Heinrich Klaasen en later Temba Bavuma het […]

Read More

Mosambiekse burger in SA hof oor ontvoerings

‘n Mosambiekse burger sal vandag in die Randburgse landdroshof in Johannesburg verskyn in verband met ontvoerings in sy geboorteland. Die 50-jarige man is in hegtenis geneem ná ‘n uitlewerings-versoek deur die Mosambiekse regering. ‘n Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê ‘n span, insluitend lede van die spesiale taakmag, misdaadintelligensie en georganiseerde misdaad, het op die 50-jarige Esmael […]

Read More

Nóg ‘n Namibiese kind verdrink in emmer water

Nóg ‘n Namibiese kind het in ‘n emmer water verdrink. By die Epalala-nedersetting naby Eenhana in die Ohangwena-streek het ‘n ouma haar kleinkind in die sorg van ‘n vyfjarige kind agtergelaat. Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het die ouma buite toe gegaan om bokke weg te jaag. Die ouma het glo binne ‘n paar […]

Read More

Onwettige mynwerkers dood in Limpopo

Die polisie in Limpopo het met ‘n geregtelike doodsondersoek begin nadat agt vermeende onwettige mynwerkers wat by Ga-Maroga chroom gedelf het, dood is nadat hulle blykbaar van Vrydag af ondergronds vasgekeer was. Polisiewoordvoerder Motlafela Mojapelo sê hulle is uitgeroep en het gevind dat inwoners reeds begin het om die liggame te herwin.

Read More

Amerikaanse spioen vrygelaat uit tronk

 ‘n Voormalige Amerikaanse verdedigings-intelligensie-spesialis wat uit die gevangenis vrygelaat is nadat sy ‘n vonnis uitgedien het vir spioenasie vir Kuba, word allerweë bestempel as ‘n baie dodelike dubbelagent. Ana Montes is tien dae ná die aanvalle op 11 September in 2001 aangekeer, terwyl sy toegang gehad het tot Amerika se vergeldingsplanne teen Afghanistan en die […]

Read More

Motorsport: Vandag is ‘n rusdag by Dakar

Motorsport: Vandag is ‘n welverdiende rusdag vir die veldrenjaers by die Dakar-tydren in Saoedi-Arabië. In die agtste sneltrajek was Toyota Gazoo Racing se Nasser Al-Attiyah en Mathieu Baumel tweede, maar hulle is steeds algeheel in die eerste plek. Henk Lategan en Brett Cummings was tweede. Henk sê dit was ‘n rustiger dag. Giniel de Villiers […]

Read More

Brand woed by Wolseley in Wes-Kaap

Die Kaapse Wynlande-distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaap ontplooi brandbestryders om ‘n brand in die Boontjiesrivier-gebied naby Wolseley te blus. Die brand is omstreeks middernag aangemeld en brand tans hoog in die berg. Die woordvoerder, Jo-Anne Otto, sê grondspanne van die munisipaliteit en CapeNature sal saam met lugsteun na die gebied gestuur word.

Read More