Gedenkdiens eer drie gestorwe Westair-werknemers

Die tragiese vliegongeluk verlede Vrydag in Windhoek waarin drie werknemers van Westair gesterf het, het hul families en kollegas in skok gelaat. Rozanne de Beer-Olivier, haar medevlieënier Ruan van Schalkwyk en vliegtuig ingenieur Armand Lubbe is op slag dood. ‘n Gedenkdiens is vandag in die hoofstad gehou. Dr. Willem Moore, ‘n gesertifiseerde etiese beampte van die Etiese Instituut van Suid-Afrika wat dien as etikus op die Raad van die Suid-Afrikaanse Medio-Regsvereniging, het by die diens  gepraat.