Eskom se soektog na hoof gaan moeilik wees

Die Suid-Afrikaanse werwingskenner John Wentzel glo Eskom se soektog na ‘n nuwe uitvoerende hoof kan lank en ingewikkeld wees. Hy meen die reputasie van die nutsdiens is so geknou dat kandidate met die regte kwalifikasies waarskynlik met ‘n lang lys voorwaardes sal kom. Nog ‘n uitdaging is die tydsberekening van André de Ruyter se bedanking, wat saamval met die feestyd wanneer werwingsmaatskappy gesluit is. Wentzel sê te veel faktore kan die proses vertraag voor Eskom ’n geskikte kandidaat sal kan uitken om oor te neem.