Kapofi besoek rekrute van Namibiese weermag

Die Namibiese minister van verdediging, Frans Kapofi, het die jongste rekrute van die Namibiese weermag beveel om hard te werk en dissipline en spanwerk te handhaaf sodat hulle goeie soldate kan wees. Kapofi het die rekrute toegespreek by die Osona militêre basis buite Okahandja, waar hy deur die weermaghoof, lugmaarskalk Martin Pinehas, vergesel is. Kapofi het aan die 1 400 rekrute beklemtoon dat hulle bevoorreg was om gekies te word uit meer as 100 000 Namibiërs wat aansoek gedoen het om by die weermag aan te sluit. Hy het die rekrute bedank en ‘n veilige feesseisoen toegewens wat weens hul opleidingsverpligtinge nie by hul families kan wees nie.