Pous Benedictus (95) baie siek

Pous Franciskus het gevra vir spesiale gebede vir sy voorganger, emeritus pous Benedictus die 16de, wat glo baie siek is. Die 95-jarige woon sedert sy aftrede in 2013 in ʼn voormalige klooster in die Vatikaan se tuine. Benedictus was op 19 April 2005 die eerste Duitse pous wat in ‘n duisend jaar verkies is. Hy […]

Read More

Meisie van Mount Etjo is derde mooiste in Afrika

Namibië spog nie net met sy natuurskoon nie, maar met nog ‘n skoonheid. Die 22-jarige Tina Haimbala is as die tweede prinses in die Mej. Afrika 2022-skoonheidskompetisie in Calabar, Nigerië, gekroon. Sy is ‘n student in haar finale jaar van bemarking aan die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie. Tina het op die Mount Etjo […]

Read More

Namibiese damme saam 74% vol

Namibiese damme is tans gesamentlik 74 persent vol, volgens NamWater se dambulletin. Sentrale damme is tans 43,3 persent vol teenoor verlede jaar se 60,5 persent dieselfde tydperk. Die Von Bachdam se vlak is op 32,6 persent teenoor verlede week se 33,5 persent en verlede jaar se 47,9 persent. Die Hardapdam het ‘n verlies van 2,353 […]

Read More

Ongha kry nuwe polisiestasie van byna N$36 miljoen

Die Namibiese polisiehoof luitenant-generaal Joseph Shikongo het vandag die nuwe Ongha-polisiestasie in die Ohangwena-streek ingewy. Die polisiestasie was vir 24 jaar sedert 1988 in ‘n opslaangebou gehuisves. Die konstruksie van die nuwe, moderne polisiestasie ter waarde van byna 36 miljoen Namibiese dollar het in Februarie 2020 begin en is einde November vanjaar voltooi. Die polisiestasie […]

Read More

Pad tussen Rosh Pinah en Aussenkehr weer gesluit

Die Namibiese Padowerheid het aangekondig dat die DR212-pad tussen Rosh Pinah en Aussenkehr gesluit is weens hoë watervlakke in die Oranjerivier wat sommige gedeeltes op hierdie pad oorstroom het. Alle motoriste word versoek om van die pad tussen Keetmanshoop, Aus en Rosh Pinah gebruik te maak, in plaas van die DR212-pad, totdat die watervlakke gesak […]

Read More

Angolese hof beveel beslaglegging op Isabel dos Santos se bates

Die Angolese hoërhof het beveel daar moet ‘voorkomend’ beslag gelê op bates van tot ʼn miljard Amerikaanse dollar van Isabel dos Santos, dogter van oudpresident José Eduardo dos Santos. Volgens berigte het plaaslike owerhede glo bewyse van geldwassery en verduistering. Luidens hofstukke sluit die bates Dos Santos se aandele in die Angolese glashouer-aanleg, Embalvidor, en […]

Read More

Namibiese toerismesektor kan baat uit USAID se fonds

Die Namibiese toerismesektor sal na verwagting voordeel trek uit die Amerikaanse Agentskap vir Internasionale Ontwikkeling, USAID, se Afrika Bewarings- en Gemeenskaps-toerismefonds. Beleggers en bewaringsbewustes beoog om 1,3 miljard Namibiese dollar vir die fonds in te samel om safari-operateurs regoor die vasteland te finansier. Die USAID het 44 miljoen dollar toegewy om risiko’s in die toerisme-sektor […]

Read More

OR Tambo-lughawe het weer probleme met vliegtuie se brandstofvoorraad

Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika het bevestig vliegtuie ondervind brandstofvoorraad-tekorte op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg omdat die hoofklep nie wil oopmaak nie. Die maatskappy sê die hoofklep se ratkas is stukkend en tegnici werk aan die oplossing van die probleem. Brandstof-tenkwaens word intussen gebruik om vliegtuie se tenks vol te maak. Acsa maan […]

Read More

China maak grense oop, Covid-infeksies styg

Reisigers na China hoef vanaf 8 Januarie 2023 nie meer in kwarantyn te gaan nie. Die nasionale gesondheids-kommissie sê dit is ‘n groot stap in die rigting van die verligting van beperkings op sy grense, wat grootliks sedert 2020 gesluit is. Chinese wat sedertdien van die res van die wêreld afgesny is weens die streng […]

Read More

Tennis: Nadal wil weer Australiese Ope wen

Tennis: Rafael Nadal wil sy Australiese Ope-titel by die eerste Grand Slam van die jaar volgende maand suksesvol verdedig ná ‘n beserings-geteisterde 2022. Die Spaanse kampioen, wat reeds in Sydney in Australië aangekom het, erken dat hy nog effens onder sy fiksheid-hoogtepunt is op die oomblik. Die 36-jarige het hard geoefen ná sy deelname aan […]

Read More