Pad tussen Rosh Pinah en Aussenkehr weer gesluit

Die Namibiese Padowerheid het aangekondig dat die DR212-pad tussen Rosh Pinah en Aussenkehr gesluit is weens hoë watervlakke in die Oranjerivier wat sommige gedeeltes op hierdie pad oorstroom het. Alle motoriste word versoek om van die pad tussen Keetmanshoop, Aus en Rosh Pinah gebruik te maak, in plaas van die DR212-pad, totdat die watervlakke gesak het en die pad weer veilig vir gebruik beskou word.