Pous Benedictus (95) baie siek

Pous Franciskus het gevra vir spesiale gebede vir sy voorganger, emeritus pous Benedictus die 16de, wat glo baie siek is. Die 95-jarige woon sedert sy aftrede in 2013 in ʼn voormalige klooster in die Vatikaan se tuine. Benedictus was op 19 April 2005 die eerste Duitse pous wat in ‘n duisend jaar verkies is. Hy het pous Johannes Paulus die Tweede opgevolg, wat 27 jaar lank regeer het.