Tennis: Nadal wil weer Australiese Ope wen

Tennis: Rafael Nadal wil sy Australiese Ope-titel by die eerste Grand Slam van die jaar volgende maand suksesvol verdedig ná ‘n beserings-geteisterde 2022. Die Spaanse kampioen, wat reeds in Sydney in Australië aangekom het, erken dat hy nog effens onder sy fiksheid-hoogtepunt is op die oomblik. Die 36-jarige het hard geoefen ná sy deelname aan die Latyns-Amerikaanse uitstallings-toer saam met die derde-gekeurde Noorweegse speler, Casper Ruud. In Australië sal Nadal in die gemengde Verenigde Beker-toernooi speel, ter voorbereiding van die Australiese Ope, wat op 16 Januarie begin. Top-tennisspelers verwelkom die Serwiër Novak Djokovic se terugkeer na dié Ope.