SA gesondheidsminister kondig nuwe Covid-maatreëls aan

Die Suid-Afrikaanse minister van gesondheid, Joe Phaahla het verskeie maatreëls aangekondig om die verspreiding van die Omikron XBB een punt vyf subvariant te verhoed. Dit sluit in verskerpte waarneming en om versterkings-inentings vir mense ouer as 50 jaar te bevorder.   Die minister sê ook Suid-Afrika is van die lande wat nie reisbeperkings ingestel het […]

Read More

Gift of the Givers vies oor inbraak op Kaapse Vlakte

Die humanitêre hulporganisasie, Gift of the Givers, het die diefstal by sy kantore in Athlone op die Kaapse Vlakte as ontmoedigend bestempel en sê sulke dade is een van die redes waarom hulporganisasies nie meer mense op die Kaapse Vlakte wil help nie. Die projekbestuurder van Gift of the Givers, Ali Sablay sê sy organisasie […]

Read More

Britse regering gaan fokus op veiligheid midde stakings  

Die Britse regering gaan wetgewing instel wat sal bepaal dat sleutel openbare dienste te midde van stakings die minimum veiligheidstandaarde handhaaf. Tientalle stakings kom in Brittanje voor omdat salarisse nie tred hou met die hoë inflasie nie. Die regering sê hy gaan minimum veiligheidsregulasies instel vir brand-, ambulans- en spoordienste wat deel van nuwe wetgewing […]

Read More

Harde werk lê voor in Nasionale Vergadering

‘n Namibiese politieke kenner hoop op ‘n produktiewe jaar in die Nasionale Vergadering wat weer op 14 Februarie heropen. Wat verlede jaar betref, is vanaf 6 September oor nege wetsontwerpe in die parlement gedebatteer, wat goedgekeur en na die Nasionale Raad vir hersiening verwys is. Altesaam 13 mosies is ter tafel gelê, waarvan drie aanvaar […]

Read More

Outa sê basta met e-tol-betalings

Die hoofbestuurder van die Organisasie teen Belastingmisbruik, Outa, Wayne Duvenage, sê motoriste in Gauteng moet hul geld spaar en ophou om e-tol-betalings te maak aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap. Duvenage sê daar is geen gevolge as mense nie e-tol-geld betaal nie. Hy voeg by die vertraging met die skrap van die e-tol-stelsel tot in die […]

Read More

Roudiens vir 12 oorledenes van Temba-hospitaal gehou

‘n Roudiens is in die Boksburgse stadsaal gehou vir die 12 gesondheidsorgwerkers wat dood is toe ‘n gas-tenkwa op Oukersdag ontplof het. Die tenkwa het onder ‘n brug in ‘n woongebied naby die Tambo-gedenkhospitaal vasgesit, toe gas uitgelek en ontplof. Van die hospitaalpersoneel is tydens die ontploffing dood en ander het later aan hul beserings […]

Read More

Sukses met menslike optrede om osoonlaag te red

Menslike optrede om die osoonlaag te red, het gewerk soos wat gehoop is. Die osoonlaag kan binne dekades herstel, volgens ‘n verslag van die Verenigde Nasies. ‘n Internasionale ooreenkoms in 1987 om die gebruik van skadelike chemikalieë te staak, was suksesvol. Te midde van die groot kommer oor die agteruitgang van die osoonlaag in die […]

Read More

Oos-Kaapse toerisme staan weer op

Die Buffalo City-munisipaliteit in Oos-Kaap het een van die suksesvolste somers na die Covid-pandemie beleef. Dit dui op ʼn herstel in die toerismebedryf. Die stad het ongeveer 1 100 toerisme-ondernemings. Meer as 80 persent van hulle is klein en mikro-ondernemings. Die munisipaliteit se woordvoerder, Samkelo Ngwenya, sê die sowat 8 000 beddens vir toeriste was […]

Read More

Kinders op Swakopmund gemaan om nie klippe na treine te gooi

Die Swakopmundse munisipaliteit het talle klagtes gekry oor kinders wat naby spoorlyne woon wat klippe na verbygaande treine gegooi het. Voorvalle soos hierdie is ‘n groot bekommernis vir die munisipaliteit, aangesien klipgooiery potensieel noodlottig is. Die skakelbeampte van die kusdorp, Linda Mupupa sê selfs ‘n klein klip wat na ‘n trein gegooi word wat teen […]

Read More

Okahandja-groep gooi nie tou op

Inwoners van informele nedersettings by Okahandja hoop dat aandag in 2023 aan hul grondeise gegee sal word. Ná maande en maande se betogings en optogte na verskillende staatskantore en amptenare, hoop die groep dat vanjaar anders sal wees. Die groep het in Oktober 2022 ‘n vreedsame betoging in Windhoek gehad en wou ‘n petisie aan […]

Read More