Angolese hof beveel beslaglegging op Isabel dos Santos se bates

Die Angolese hoërhof het beveel daar moet ‘voorkomend’ beslag gelê op bates van tot ʼn miljard Amerikaanse dollar van Isabel dos Santos, dogter van oudpresident José Eduardo dos Santos. Volgens berigte het plaaslike owerhede glo bewyse van geldwassery en verduistering. Luidens hofstukke sluit die bates Dos Santos se aandele in die Angolese glashouer-aanleg, Embalvidor, en telekommunikasie-maatskappye in. Sy word al jare lank van korrupsie beskuldig, en Interpol het onlangs ‘n rooi kennisgewing vir haar inhegtenisneming uitgereik. Dos Santos ontken die aanklagte.