Ongha kry nuwe polisiestasie van byna N$36 miljoen

Die Namibiese polisiehoof luitenant-generaal Joseph Shikongo het vandag die nuwe Ongha-polisiestasie in die Ohangwena-streek ingewy. Die polisiestasie was vir 24 jaar sedert 1988 in ‘n opslaangebou gehuisves. Die konstruksie van die nuwe, moderne polisiestasie ter waarde van byna 36 miljoen Namibiese dollar het in Februarie 2020 begin en is einde November vanjaar voltooi. Die polisiestasie is ook met ‘n geslagsgeweld-eenheid toegerus met geslagsgeweld, verkragting, aanranding, diefstal en huisbraak wat hoogty vier in Ongha. Shikongo sê in die meeste gevalle is die misbruik van alkohol en dwelms die bydraende faktore tot aanranding en geslaggeweld.