Namibiese damme saam 74% vol

Namibiese damme is tans gesamentlik 74 persent vol, volgens NamWater se dambulletin. Sentrale damme is tans 43,3 persent vol teenoor verlede jaar se 60,5 persent dieselfde tydperk. Die Von Bachdam se vlak is op 32,6 persent teenoor verlede week se 33,5 persent en verlede jaar se 47,9 persent. Die Hardapdam het ‘n verlies van 2,353 miljoen kubieke water gehad en is nou 49,8 persent vol, terwyl die Neckartaldam 94,3 persent vol is, met ‘n verlies van 2,183 miljoen kubieke meter water. Die Oanobdam by Rehoboth is 66,7 persent vol. Gobabis se damme is gesamentlik slegs 14 persent vol teenoor verlede jaar se 43,2 persent.