China maak grense oop, Covid-infeksies styg

Reisigers na China hoef vanaf 8 Januarie 2023 nie meer in kwarantyn te gaan nie. Die nasionale gesondheids-kommissie sê dit is ‘n groot stap in die rigting van die verligting van beperkings op sy grense, wat grootliks sedert 2020 gesluit is. Chinese wat sedertdien van die res van die wêreld afgesny is weens die streng Covid-maatreëls, maak nou planne en stroom na aanlyn-reisagentskappe vir wanneer die grense open. Dit kom terwyl stygende getalle infeksies weer druk op die gesondheidstelsel en ekonomie plaas. Intussen het oliepryse gestyg weens die groter vraag na brandstof in China. Brent ru-olie se prys het tot bo 84 Amerikaanse dollar per vat gestyg.