Meisie van Mount Etjo is derde mooiste in Afrika

Namibië spog nie net met sy natuurskoon nie, maar met nog ‘n skoonheid. Die 22-jarige Tina Haimbala is as die tweede prinses in die Mej. Afrika 2022-skoonheidskompetisie in Calabar, Nigerië, gekroon. Sy is ‘n student in haar finale jaar van bemarking aan die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie. Tina het op die Mount Etjo Safari Lodge naby Outjo grootgeword waar sy daagliks leeus, olifante, renosters en jagluiperds gesien het.