OR Tambo-lughawe het weer probleme met vliegtuie se brandstofvoorraad

Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika het bevestig vliegtuie ondervind brandstofvoorraad-tekorte op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg omdat die hoofklep nie wil oopmaak nie. Die maatskappy sê die hoofklep se ratkas is stukkend en tegnici werk aan die oplossing van die probleem. Brandstof-tenkwaens word intussen gebruik om vliegtuie se tenks vol te maak. Acsa maan egter dit sal ‘n groot uitwerking op vlugte hê. Volgens die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, Gittal Paetzold, vlieg die meeste buitelandse toeriste met direkte vlugte na Namibië, maar vlugte van AirLink vanaf die OR Tambo-lughawe sal geraak word.