Oos-Kaap gaan gebuk onder swaar reën

Die Oos-Kaapse Departement van Vervoer sê rytoestande is in die meeste dele van die provinsie nie ideaal nie, aangesien die reënweer voortduur. Die paaie is nat en glad met swak sigbaarheid en dreigende rotsstortings omdat die grond in sommige dele deurweek kan wees. Die departement se woordvoerder, Unathi Binqose, doen ‘n beroep op padgebruikers om altyd ekstra waaksaam te wees, spoed te verminder en ‘n veilige volgafstand te hou: