VSA, Mexiko onttrek bod op vrou-sokkerbeker aan te bied

Amerika en Mexiko het hulle gesamentlike bod om die Vroue-wêreldbeker in 2027 aan te bied, teruggetrek en sal eerder op die 2031-toernooi fokus. Brasilië en ʼn gesamentlike bod deur België, Duitsland en Nederland is die enigste opsies wat oorbly. Amerika se sokkerpresident, Cindy Parlow Cone, sê dis ʼn groot onderneming om ʼn Wêreldbeker aan te bied en meer tyd om voor te berei, laat hulle toe om die uitwerking wêreldwyd te vergroot. Die Fifa-kongres sal volgende maand die gashere aanwys.