Dwelms, drank bly steeds probleem op plase

Plaasarbeiders en dwelm- en drankmisbruik bly ‘n uitdaging in Namibiese landbou. Dit is ‘n wesenlike probleem veral met die werk wat arbeiders moet verrig. Volgens Danie van Vuuren van die Namibiese Landbou-unie duur die probleem voort maar, tot ‘n mindere mate en word volgens die heersende wetgewing aangespreek. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.