Daar’s net een opperhoof en dis professor Katjiua

Die Ovaherero-volk is weer verdeeld. Hoze Riruako, die bekende politieke ontleder en seun van oud-opperhoof Kuaima Riruako, is verlede naweek as opperhoof verkies terwyl professor Mutjinde Katjiua reeds in Julie verlede jaar as opperhoof verkies is. Katjiua het nog geen openbare kommentaar oor die aangeleentheid gelewer nie maar, sy stafhoof, Itamunua Meroro het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar is net een opperhoof.

Voorleggings moet deur die twee opperhoofde aan die minister van stedelike en landelike ontwikkeling Erastus Uutoni gedoen word en hy sal besluit wie die regering erken as opperhoof.