Voedseltekorte lei tot verskeie ander maatskaplike uitdagings

Namibië se voedselsekerheid bly in die nuus. Volgens die internasionale nie-regeringsorganisasie Acaps, is net meer as 750 000 mense uit ‘n beraamde bevolking van 2,6 miljoen mense, in nood. Byna 64 persent van die land se bevolking loop die risiko om malaria op te doen, veral met die uitgebreide bevolking in die Noorde. Die organisasie sê beskermingsmaatreëls teen droogte is uiters belangrik om dit landelike vroue meer kwesbaar maak wat lei tot kinderhuwelike en vroeë swangerskappe. Byna 20 persent van Namibiese meisies tussen die ouderdom van 15 en 19 het reeds een kind gehad.