Visserye se kapitaalprojekte sloer, minister berispe personeel

Die Namibiese minister van visserye, Derek Klazen, is diep bekommerd oor die ministerie se lae uitvoeringskoers van kapitaalprojekte. Klazen het verskeie kapitaalprojekte besoek en hy sê implementering is uiters traag. Hy sê die doel van die projekte is om infrastruktuur te verskaf vir doeltreffende dienslewering aan landsburgers en hy het personeel gemaan om prosesse te versnel. Die ministerie se hoofkantoor is binne nog nie voltooi nie en dit is vier jaar na die projek begin is. Die uitvoerende direkteur sê die ministerie werk op die oomblik op verskeie kontrakte wat verval het om hulle e laat herleef. Die streekkantoor op Rundu se konstruksie het ook tot stilstand gedryf.