Nou is die tyd om in groen-energie te belê

Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei in Kaapstad, James Vos, sê daar was nog nooit ‘n belangriker tyd om werklik ‘n verbintenis aan te gaan om weg te beweeg van fossielbrandstowwe en na die reuse-energiegeleenthede wat hernubare energie bied, te draai nie. Hy het die opening van Solar Power Africa 2023 in die Moederstad toegespreek. Hy sê hoewel die suidelike dele van die wêreld, wat streke in Afrika, Latyns-Amerika en suidelike Asië insluit, die minste bydra tot klimaatsverandering, is Afrika die streek wat die meeste ly weens die gevolge daarvan: