Engen word Shell, aandele verkoop

Engen het aangekondig dat sy meerderheid aandeelhouer, Petronas, sy 74 persent belang in die maatskappy aan Vivo Energy verkoop het. Dit beteken effektief dat Engen plaaslik Shell word. In ‘n verklaring sê die maatskappy die verkoop van sy aandeel vorm deel van die internasionale Maleisiese olie-reus se deurlopende hersiening van sy belange en die ontginning van nuwe geleenthede. Daar sal geen onderbreking in diens wees by die huidige Engen-vulstasies in Namibië nie en Engen sê die aankoop deur Vivo is op sy beurt ‘n geleentheid vir Engen om nuwe suksesse te behaal. Vivo Energy is bedrywig op die vasteland met meer as 2 600 vulstasies in 23 lande.