SA, Botswana vat hande om medisyne te beveilig

Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte en die Medisyne-reguleringsowerheid van Botswana werk saam om medisyne te evalueer, goedkeuringsprosesse te vergemaklik, en nadelige reaksies na bemarking te monitor. Hulle het ‘n verstandhoudingsooreenkoms onderteken om die regulering van plaaslike medisyne te verbeter. Hierdie vennootskap moet toegang tot nuwe medisyne verbeter, nagemaakte produkte beheer en regulatoriese inligting deel. Die woordvoerder van SAHPRA, Madimetja Mashishi, sê die ooreenkoms sluit gesamentlike optrede in om die onwettige invoer van ongeregistreerde medisyne te voorkom: