Dirk van Der Westhuizen het Rhinovirus/Enterovirus

Dirk van der Westhuizen, die bekende ‘Sexy vir my’ sanger, het Maandag ‘n plasing op sosiale media gemaak waar hy in die hospitaal is. Ten tyde van die plasing, was dit nog onbekend wat hy makeer, maar intussen het hy ‘n opdatering gedoen. Hy sê dokters weet uiteindelik wat hom makeer. Hy het Human rhinovirus/enterovirus.

Foto: Facebook

Hy skryf dit voel erger as toe hy Covid gehad het. Volgens Van der Westhuizen sê die dokter dat daar nie juis behandeling vir die virus is nie, en dat hulle net sy  simptome sal behandel. Hy is op pynmedikasie en kry physio-behandeling. Hy het aanhangers gemaan om na hulself te kyk en versigtig te wees.